Date: 1/17/2008
Die gevoel vloei uit my
Ek het jou lief. Jy sien die goed binne my. God het jou lief.
ek sit in die martelende palms van jou hande. Bloedrooi, stort my gevoelens. Tot die grond, verdrink die grond.
gebroke harte en emosionele uitbarstings breuk ons beskermde net. Ons is weerloos en verklein in swart oe. Ons is gevries en onttroon. Vang my nou.
fluister in die nag. Gooi jou hart teen die muur en bemagtig die oposisie? Jys geslote in sonde. Reik na die hemel en vind jou verbrande siel. Soek met die maanlig in jou donker hemel en vind die sterre. Trek jouself op, beskerm jouself. Gryp jou lewe. Vind my hemel.
Blogs
Main